Furvlenn hwilans

Psalm 93

Die Here is Koning

1Die Here is Koning.

Hy dra sy koningklere,

Hy is sterk.

Hy laat die aarde vas staan,

dit skud nie.

2Here, u *troon staan vas van die begin af,

U was van altyd af daar.

3Here, die *watervloed het geraas,

die watervloed het hard geraas,

die branders van die watervloed het geraas.

4Die Here wat uit die hemel regeer,

is sterker as die baie water,

Hy is sterker as die branders van die see.

5Here, u wette sal nooit verander nie,

u *tempel moet altyd ’n *gewyde plek wees.

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index